Juffrou Petro en drie wonderlike assistente!
Baba Klas: 3 maande - 14 maande
Baba Sentrum
Meer oor Juffrou Petro
Juffrou Petro is die hoofonderwyseres in ons baba-sentrum en het baie jare se ervaring. Sy is 'n onmisbare deel van ons span, en ons glo sy is een van die beste baba-onderwyseresse. Juffrou Petro is altyd gereed om mammas met enige vrae te help, en sy het 'n ware passie vir haar werk met babas. Sy is betroubaar en het 'n sagte hart, wat haar die perfekte persoon maak om vir ons kleintjies te sorg.
Juffrou Petro
23 Jaar + ondervinding
​
-
Childhood development (Fine-Gross Motor auditory and visual perception) - Fundamental Factory
-
Siektetoestande volgens seisoene - FAMCARE
-
Baba ontwikkeling en stimulasie - FAMCARE & Alet Victor (Arbeidsterapeut)
-
First Aid & CPR level 1 and 2
-
Dealing with the psychological implications of covid 19 - Shanae Theunissen (Chlinical Pshycologist)
-
Discipline: Help children think like highly successful People - DR Dinelle Faul(BA, HONNS,MA, PHD)
-
Helping ordinary kids become extra-ordinary adults - DR Dinelle Faul (BA, HONNS,MA, PHD)
-
Baby and toddler care 1 - AECYC VVOS
-
Baby and toddler care 2 - AECYC VVOS
-
Baby and toddler care 3 - AECYC VVOS
Hier by Besige Bytjie Akademie verstaan ons hoe kosbaar babas is, en ons weet hoe moeilik dit kan wees om 'n betroubare babasentrum te vind. Daarom het ons alles in plek gestel om 'n veilige en wonderlike babasentrum te skep. Met 'n toegewyde onderwyser en drie assistente is daar altyd 'n helpende hand om veiligheid en liefde te verseker.
Ons babasentrum volg streng higiëniese beleid wanneer dit kom by doeke, sanitasie, en selfs ontsmettingsbespuiting om 'n skoon en veilige omgewing te verseker. Ons bied 'n voedsame spyskaart aan en het veilige speel- en slaapareas vir die kleintjies. Alle skoolbenodigdhede en baba produkte is by ons maandelikse skoolfooi ingesluit.
Ons volg speelse aktiwiteite om te verseker dat babas hul ontwikkelingsmylpale bereik, want by Besige Bytjie Akademie is elke baba vir ons van onskatbare waarde.